|
Written by Francois Carr
|
|
Thursday, 23 July 2009 00:00 |
Geloof is die Bewys
Die afgelope paar maande was vir ons as ‘n gesin ‘n baie groot beproewing. Daar was ‘n bykans tragiese gewapende roof in ons huis in Desember 2008 toe my vrou, dogter en vriende vasgebind en byna verkrag en vermoor is. Die Here het daarna wonderbaarlik voorsien en ons kon aan die sekuriteitstelsel werk en ‘n paar opgraderings doen. Weens verskeie gewapende rooftogte in ons omgewing en buurt, moes ons noodgedwonge verhuis. My gesin was onveilig en ek moes weer vir 12 dae op reis gaan. Die Here het ‘n paar dae voor my vlug uit Suid-Afrika sou vertrek op 1 Junie 2009, ‘n nuwe huis binne in ‘n sekerheidsgebied voorsien. Die Here het dit wat ons nodig gehad het om te verhuis, voorsien.
|
|
Read more...
|
|
|
Written by Francois Carr
|
|
Thursday, 28 May 2009 00:00 |
Montagu
Ek preek tans in die NG Kerk Montagu tydens Pinkster n spesiale reeks oor die beginsels van herlewing. Montagu is ‘n bekoorlike historiese dorpie geleë tussen twee bergreekse, halfpad tussen Kaapstad en die Tuinroete – ook bekend as die Oase van die Wes-Kaap. Sien foto’s
Dit is ook ‘n plek wat verbind is met herlewing: toe God die gemeenskap onder die leierskap van Ds Servaas Hofmeyr in 1860 besoek het. My hart en verstand is vol beelde van mense wat in die strate loop en praat van Jesus – lewens, huwelike en families aangeraak vir Christus. Die Here seën die byeenkomste en my hartswens is dat die Here weer sal kom soos in die outyd en ons besoek, of ons ten minste voorberei vir nog ‘n besoek uit die hemel.
|
|
Read more...
|
|
Written by Francois Carr
|
|
Wednesday, 25 March 2009 16:37 |
Geliefdes in die Here,
Groete in Sy lieflike Naam. Ons vertrou dat dit baie goed gaan met u almal en dat u steeds bewus is van Hom wat deur die Heilige Gees in u, by u en saam met u elke dag beweeg. Mag die Here voortgaan om Homself ook meer en meer aan u te openbaar (Johannes 14: 21-23).
Die tyd gaan so vinnig verby en die jaar is alreeds ver gevorder. Tussen Leoné (my dogter) se skoolaktiwiteite, ons kantoorwerk, skryfwerk en preekuitnodiging kom ons dit skaars agter. Ons het reeds die voorreg gehad om met reekse dienste in Lichtenburg, Kemptonpark, Vredendal, Krugersdorp, Bultfontein, Hoopstad en Newcastle op te tree. Die Here het wonderlik onderneem en vir ons waarlik geseën.
|
|
Read more...
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 Next > End >>
|
|
Page 3 of 3 |