|
Herlewing! Die Heerlikheid van God |
|
|
“Niemand het beweeg nie. Die getalle het aangegroei tot 600. Hulle het spontaan ‘n psalm begin sing. ‘Toe die Here die lot van Sion verander het’ (Psalm 126). Duncan Campbell is weer na die preekstoel geneem en het weer begin preek. Binne tien minute was die uitroep van die mense en die sonde-belydenis so dringend dat hy nie meer kon preek nie. Een boer het uitgeroep: ‘O God, ek voel dat selfs die hel te goed is vir my!’ Gebed het voortgeduur regdeur die nag tot vieruur die volgende middag. Duncan Campbell het hom klaargemaak om vir die eerste keer na sy kamer te gaan en te eet. Hulle het hom egter geneem na die plaaslike polisiestasie waar ‘n groot skare byeengekom het. Oppad na die polisiestasie was daar verskeie mense wat langs die pad gekniel en gebid het. Wat ‘n gesig! Sonder enige advertensie het die Here God begin om in Herlewingskrag te werk in die Hebrides”.
Die klein boekie is ’n praktiese riglyn rakende verskeie relevante aspekte van Herlewing. Dit sluit o.a. die volgende in: kenmerke van herlewing, karaktereienskappe van herlewing, effek van herlewing, geestelike leier en herlewing en praktiese raad hoe om u gemeente voor te berei vir herlewing.
Aantal bladsye: 176 (sagte band) ISBN 0-620 30468-5
Prys: R 40,00 per kopie plus verpakking en posgeld R 30,00 per kopie indien 10 of meer eksemplare koop plus verpakking en posgeld.
Kontak ons kantoor vir bestellings.
|
|
|