|
|
Hoe geestelike krag verlore gaan |
|
|
|
|
Gebed
|
|
Written by R A Torrey
|
|
(Vertaal en verwerk in eietydse dialek deur Heart Cry SA)
Een van die vreemdste, maar ook droewigste verhale in die Ou Testament is die van Simson. Dit is egter terselfdertyd ook een van die mees leersame verhale. Simson was ‘n absolute merkwaardige man. Alhoewel hy soveel geleenthede gehad het en oorwinnings gesmaak het, is sy lewe tragies beëindig - dit deur sy eie onverskoonbare dwaasheid.
Simson is ongelukkig nie die enigste persoon in die Christelike geskiedenis wat eens die krag van die Heilige Gees geken het, om later van die krag te verloor en ‘n randfiguur te word nie. Daar was heelwat Simsons, en daar sal nog vele wees – mense wat God gebruik het, maar later genoodsaak was om Sy krag van hulle te onttrek . Dit is ‘n hartseer gesig. Hoekom gebeur dit dan God ‘n mens verlaat of Sy krag wegneem? Anders gestel: “Hoe krag verlore gaan.”
|
|
Read more... [Hoe geestelike krag verlore gaan]
|
|
HERLEWING… IN DIE PLAASLIKE KERK |
|
|
|
|
Gebed
|
|
Written by Mel Blackaby
|
|
Herlewing in die plaaslike kerk begin op God se terme, nie net omdat ons dit wil hê nie. Hoe berei ons ons dus voor sodat God tydens herlewing tussen ons kan beweeg? Miskien moet ons vra hoe die krag van God op die vroeë Kerk gekom het.
Kyk bietjie na Hand 4:31 – Toe hulle gebid het, is die plek waar hulle vergader het, geskud; hulle is met die Heilige Gees gevul en hulle het onverskrokke die Woord van God verkondig.
GOD REAGEER OP GEBED
As God se kinders saam vergader is om Hom te soek en na Hom uit te roep in gebed, reageer Hy. Gebed behoort die natuurlike reaksie van Sy kinders in tye van nood te wees. Dit is juis as die Kerk saam vergader is en Hom in ywerige gebed soek dat Hy met krag beweeg en reageer. Een in hart en sin het hulle na God gesoek, na Hom gekyk, na Hom uitgeroep – en Sy krag ervaar. Hand 4:32-33 sê verder dat hulle een van hart en een van siel was en groot krag en groot genade het oor hulle gekom.
|
|
Read more... [HERLEWING… IN DIE PLAASLIKE KERK]
|
|
Weerstand teen Huisgodsdiens? |
|
|
|
|
Gebed
|
|
Written by Francois Carr
|
|
Ons oupas en oumas het nog van huisgodsdiens as ‘boekevat’ gepraat. Almal in die huis het geweet wat gaan gebeur as oupa sê: ‘Laat ons boekevat’. ’n Plaaslike musikant het nou onlangs in Pretoria ’n pragtige musiekstuk gespeel op ’n klein antieke huisorreltjie. Die orreltjie het behoort aan Paul Kruger, eertydse president van Suid-Afrika. Die huisorreltjie is gebruik wanneer hulle daagliks as huisgesin uit die Bybel gelees, gesing en saamgebid het. Gesamentlike aanbidding en huisgodsdiens was so deel van ons ouers en voorgeslagte se lewens, en dit was iets wat daagliks as prioriteit beoefen is en sigbaar was vir almal om te sien.
|
|
Read more... [Weerstand teen Huisgodsdiens?]
|
|
So het ek God se besoek beleef |
|
|
|
|
Gebed
|
|
Written by Jenkin Thomas
|
Tydens die Dag van Gebed van Calfaria Baptise Gemeente te Llangeinor, geleë aan die voet van die eens suksesvolle steenkool-produserende Garw Vallei, op 24 Maart het mnr. Vernon Chilcott die volgende uittreksels uit ’n dagboek van sy skoonpa, gehou gedurende die 1904-05 Herlewing, aan die gemeente voorgelees:
Tydens die Herlewing het my skoonpa, oorlede mnr. Jenkin Thomas van Llangeinor, in ’n administratiewe hoedanigheid by die Ffaldau steenkoolmyn, Pontycymmer gewerk (soos die myne in die Garw Vallei is dit ongelukkig nou ook al gesluit). Op 21-jarige ouderdom het hy ’n bestuurslid van die Walliese Baptiste Kerk in Tylagwyn geword. Om in die geestelike behoeftes van die nie-Wallies sprekende gemeenskap in die nuut geboude woonbuurt te voorsien, het die kerk die Calfaria gemeente in 1924 in Llangeinor gestig. Tot sy afsterwe in sy sewe-en-tagtigste jaar, was hy getrou in diens van beide gemeentes.
|
|
Read more... [So het ek God se besoek beleef]
|
|
|
|
|
|
|
|