Manne wat kan sien? PDF Print E-mail
Heiligheid en Herlewing
Written by Francois Carr   

Een van die twaalf stamme van Israel was Issaskar.  Hulle seuns het aangemeld vir oorlog en was deel van Koning Dawid se weermag.  Hulle kon almal baie goed veg, maar het egter nie bekend geword vir hulle vermoe om te kan veg nie.  Hulle het iets anders gehad.

“en van die seuns van Issakar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen”  ( 1 Kron 12: 32)

Die seuns van Issaskar het twee eienskappe gehad wat hulle laat uitstyg en onderskei het bo al die ander stamme tydens die oorloe van Israel.

  • Hulle het kundige insig gehad rakende die tye waarin hulle geleef het en kon dus sien wat die ander saam met hulle nie kon sien nie.
  • Hulle het geweet wat moes gedoen word en leiding in die stryd gegee.

 

Ons leef in ‘n samelewing, kultuur en tyd wat voortdurend verander.  Sommige veranderinge is nodig en ‘n verbetering van die oues, maar sommige veranderinge is nie goed nie.  Inteendeel sommige is sleg vir jou, jou huwelik en gesin en vir ons land en toekoms.  Die wereld en ook Suid-Afrika is besig om toenemend te verander en die geestelik agteruitgang en morele te verval is sigbaar.  Dit is egter in hierdie tyd van agteruitgaan en verval waarin die meeste van ons besig is om ons kinders en kleinkinders groot te maak en as gesin te probeer oorleef.

Dinge is steeds dieselfde en tog ook nie.  Ons bly steeds in dieselfde dorp as waarin ons opgegroei het.  Dit is steeds dieselfde straat waarin ons gespeel en met ons fietse gery het.  Dit is dieselfde skool waarin jy gematrikuleer het.   Alles is steeds dieselfde.  Of is dit?  Ons kinders groei ook op in dieselfde dorp, sommige ry nou met hul eie motors of word afgelaai by die skool agv ontvoerings en geweld.  Die dorp, straat, en tye verskil radikaal van toe ons kinders was.

Die samelewing en kultuur het verander agv

  • Die gedagtes en denke van mense wat verander het
  • Die waarde sisteem van mense is aangepas en het verander
  • Dit bepaal ons uitkyk op die lewe en bepaal die rigting van ons hart en hoe ons ons lewens inrig

Die eksterne veranderinge is baie subtiel, stadig en vind in die agtergrond plaas totdat dit skielik sigbaar word.  Dit is eintlik ‘n volskaalse aanslag op ons geloofslewe en ons huisgesinne.  Dit is en voel soos ‘n oorlog sonder wapens wat ons as vaders en manne moet veg.  Voordat ons egter tot die stryd kan toetree moet ons egter eers kan sien wat ander nie kan sien nie.   Ons moet verby die daaglikse gebeure en omstandighede kan kyk en die nood van ons gemeenskap en in besonder; die druk, spanning, stres, en nood van ons families wat sukkel om te midde van hierdie veranderinge te oorleef, raak te sien.

Walt Disney het gesien wat ander nie kon sien nie.  ‘n Pretpark vir die hele gesin.  Hy het voortgegaan om die pretpark te beplan en te ontwikkel ten spyte van geweldige teenstand van sy vriende en selfs familie.  Hy het egter gesterf net voor die opening van die pretpark.  Tydens die opening van Walt Disney het iemand opgemerk: “dit is jammer dat Walt dit nie kan sien nie”.   Hy het dit gesien en dit is waarom dit vandag daar is.  Hy het iets gesien en daaroor gedroom, beplan en die veranderinge gemaak.

Wil jy die man vir jou vrou en die vader van jou kinders soos wat God dit vir jou bestem het?   Wat is die gevare waarin jou familie elke dag blootgestel is?  Wat is die krisisse waardeer jou kinders en familie tans gaan?  Wat is hullle behoeftes? Ek glo dat elke man sy familie wil beskerm en lei te midde van die subtiele aanslag en veranderde samelewing?

Indien wel, dan moet jy die tyd waarin ons leef verstaan.  En dan moet jy optree en jou oortuigings begin uitleef.   Dit is tyd vir jou om ‘n lyn te trek en vir God te vra om jou insig te gee rakende jou rol, ondersteuning en verantwoordelikheid teenoor jou vrou en kinders en vir Sy hulp om dit te doen.   Is jy ‘n Issaskar? Is jy ‘n man wat kan sien?