Mooi woorde en motiewe en ons voorbeeld dra krag in praktyk; of nie? PDF Print E-mail
Heiligheid en Herlewing
Written by Francois Carr   

If a parent be not visible in earnest, it cannot be expected that the child will be also- John Angell James

Die media was vol die afgelope tyd van rampartytjies wat skeef geloop het.  Een jong man het gesterf en twee meisies wat gedans het op ‘n boer se plaas, het in die hof geeindig na ‘n wilde nagpartytjie.   Dit het my laat dink aan ons motiewe en voorbeeld van ons as ouers.

Elke Sondag word kinders by die kerk afgelaai vir Sondagskool en ouers wag dan in die motors en lees solank die Sondagkoerant of kom haal hulle weer.  Ouers se motief mooi en daarop gerig om hulle kinders deur die kerk te kry en geestelik op te voed, maar dink nie dat hulle eie geestelik lewens en voorbeeld  is belangrik of onder die oog van hulle kinders nie.

The Teenage Marketplace is ‘n boek wat deur twee Britse tieners geskryf is wie se ouers hulle weekliks opgetel en afgelaai het by die kerk en koshuis met genoeg sakgeld, maar hulle het egter nooit saam kerk toe gegaan nie en was ook nie beskikbaar om te saam te praat oor geestelike dinge, voorhuwelikse seks,  dwelms en drank, dinge waaraan hulle daagliks in die koshuis blootgestel is nie.

Andrew Murray,  bekende NG leraar en skrywer se ouers het elke dag huisgodsdiens beoefen en daagliks vir hulle elf kinders gebid.  Murray Snr het gepraat oor en verlang na herlewing.  Hy het nie net daaroor gepraat nie, maar ook elke Vrydagaand agter ‘n toe studeerkamerdeur sy hart voor God uitgestort vir herlewing in die kerk terwyl jong Andrew by die deur gestaan en na sy gebede geluister het.  Pa en seun was later saam by die konferensie in Worcester waarna die Here in groot krag begin werk het en vandag bekend staan as die 1860 Herlewing.   Murray Snr se motiewe en woorde was mooi en suiwer, maar dit het eers begin krag dra toe hy dit as voorbeeld begin uitleef het in sy huisgesin en voor sy familie.

Alan Redpary, bekende Skotse leraar het tot geloof in Jesus gekom agv sy ouers.  Hulle het per geleentheid ‘n rusie gehad en vir ‘n hele dag nie met mekaar gepraat nie.  Hulle het nie kerk toe gegaan nie, maar tydens die ete het sy vader by sy moeder gekniel en haar vergifnis gevra.  Alan was maar ses jaa oud, maar dit het so effek op hom gehad dat hy sy hart vir Jesus gegee het.

As ouers behoort ons goeie motiewe en woorde in harmonie te wees met ons voorbeeld en lewens voordat ons kinders ons werklik kan vertrou of voordat ons voorbeeld kan krag dra.  Die vraag is dus: Hoe is jou voorbeeld?