Wees sterk en vol moed PDF Print E-mail
Heiligheid en Herlewing
Written by Francois Carr   

Die nuwe jaar het pas afgeskop en ons is alreeds volstoom aan die gang, programme is  volbespreek en die welkome rustyd van Desember voel soos eeue gelede.  Die uitdagings en krissise van die lewe is onafwendbaar en is werklik besig om ons tot die uiterstes te beproef.

Die Amerikaanse kolonies was in ‘n oorlog gewikkel met die Engelse en gevaar en onsekerheid het van oral oor gedreig.  Thomas Paine het in 1776 hulle lewensomstandighede mooi saamgevat in ‘n pamplet en dit as volg beskryf: “These are the times that try men’s souls”.

Ons mense en hul gesinne is vermoeid, belas, bang, moedeloos, verward en selfs depressief.  Die huidige ekonomiese resessie, agterstand van skuld (weens die resessie) en die verwagte  tariewe in die nuwe jaar skep nuwe uitdagings vir ons.  Die vyand wat ons vrede, rus en hoop aanval en daarop gerig is om ons te vernietig; is die vyand van onsekerheid.

Onsekerheid wat op ons wag agv die swak ekonomie, die stadige herstel en ons agterstand (vol kredietkaarte).   Om die waarheid te se het die meeste van ons geleef asof die ekonomie steeds sal groei en nou is daar heelwat uitdagings en onsekerhede.  Onsekerheid wat op ons wag agv ons land wat nie regtig op Christelike beginsels geskoei is en die politiese, sosiale, morele wegdryf wat duidelik sigbaar is skep groot onsekerhede.  Ons wonder waar gaan alles eindig.  Is daar hoop? Dit is voorwaar “the times that try men’s souls.

Ons lees in Josua 1 dat Moses op die Berg Nebo gesterf het en dat God vir Josua aangewys het as die nuwe leier wat die volk in die beloofte land moet inlei.  Skielik word Josua gekonfronteer en staan hy voor ‘n geweldige uitdagings.  Dalk het Josua gedink:

Hoe op aarde gaan ek al die mense lei oor die magtige Jordaan?

Hoe gaan ons die magtige stede inneem en nasies oorwin?

Sal God ook met my wees soos wat Hy met Moses was?

Is ek opgewasse genoeg vir die taak?

Josua was duidelik bewus van sy eie swakhede en hy was bang.  Die vyand van onsekerheid in homself en selfs God het aan hom geknaag.  God het egter drie maal met hom gepraat en bemoedig met die woorde;  wees sterk en vol moed.  Hy het ook aan hom ‘n duidelike opdrag gegee en ook praktiese riglyne waarvolgens hy sy lewe moes inrig en as hy dit doen dan sal hy suksesvol wees in alles wat hy doen.  Hy moet nie sy fokus verskuif weg van die riglyne na op die opdrag, versterkte stede, magtige nasies of selfs die vyand wat sy vrede versteur nie; twyfel en onsekerheid.  Hy moet die riglyne volg van Josua 1: 1-9.

Riglyn 1: God gee jou Sy Belofte dat Hy met jou sal wees (Josua 1: 5, 9)

Riglyn 2: God gee jou Sy Oorwinning (Josua 1: 3, 6, 5)

Riglyn 3: God gee jou Sy Woord wat hy moet bepeins (Josua 1: 7-8)

Riglyn 4: God gee jou Sy Teenwoordigheid wat oral saam met jou gaan (Josua 1: 5,9)

Die Christelike lewe is nie altyd maklik nie en vol uitdagings.  Geliefdes, kyk opnuut weg van al die probleme, uitdagings en krisisse wat daagliks oor ons pad kom.  Wees sterk en skep moed.  Ons het reeds die oorwiing behaal deur die Here Jesus se kruisdood, ons het Sy beloftes en Sy Woord en Hy is deur Sy Gees oral saam met ons.   Wees sterk en skep moed en rig opnuut jou lewe in volgens Sy riglyne.  Onthou, if the outlook is poor try the uplook.

Wat lees ek?

Die Here het verskeie boeke oor my pad gebring wat ek in Desember en Januarie gelees het.  Boeke wat my bemoedig het, geloof versterk het en opnuut weer my aandag  verskuif het van van die krisisse tot die EEN wat in beheer is van elke aspek van ons lewe.   Ek het die boeke in die volgende volgorde gelees:

Battle Ready van Steve Farrar

God Built van Steve Farrar

The Making of a Leader van Robert Clinton

Walking in the Will of God van Steve Mc Vey

My gevolgtrekking?

Ek kan net saamstem met Dr Andrew Murray.  Tydens een van die krississe van sy lewe het Andrew Murray opgemerk:

  • Ek is hier in opdrag van die Here.
  • Ek is onder Sy sorg
  • Ek is onder Sy opleiding en toerusting
  • Ek is hier vir Sy tyd en Glorie

Heart Cry 2010

Mei 2010 is die 150 jarige viering van die 1860 Herlewing waar die Here meer as 40 dorpe besoek het deur Sy Gees.   Kom vier saam met ons die herdenking en Vat Vlam.  Sien jou in Worcester of Pretoria.