close
We will be delighted to send you our newsletters and prayer requests.
Please subscribe here.

Heart Cry News (Quarterly –English)
Heart Cry Prayer Updates (Monthly-English)
Heart Cry Nuus (Kwartaalliks-Afrikaans)
Heart Cry Gebedsnuus (Maandeliks-Afrikaans)



"All great soul-winners have been men of much and mighty prayer, and all great revivals have been preceded and carried out by persevering, prevailing knee-work in the closet."
– Samuel Logan Brengle


Subscription
‘n Hart wat verkleef is aan Hom PDF Print E-mail
Heiligheid en Herlewing
Written by Francois Carr   

“en omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel” (Matt 24: 12)

Ons beleef tans ‘n periode van morele en geestelike verval ten midde van ‘n geestelike bloeityd waar letterlik duisende mense stroom na dienste en geestelike aktiwiteite. Om van God weg te beweeg, begin nie met verkeerde optredes nie.

Dit is altyd ‘n geleidelike proses en begin wanneer ons hart begin verkoel, tam word en oor ‘n periode van tyd verander.  Dit gebeur so geleidelik dat ons dit nie eers agterkom nie en besef eers dat dit gebeur het wanneer ons alreeds ver van Hom verwyder is.  Op die stadium wanneer God gewoonlik ons aandag verkry, is ons reeds ‘n lang tyd op daardie  pad.

Dit neem gewoonlik ‘n tyd van verwaarlosing (met betrekking dat ons geestelike dissipline  en opbou  van ‘n liefdesband met God), onverskilligheid of selfs opstandige keuses of ongehoorsaamheid.

Ons mag al vir ‘n geruime tyd op hierdie glybaan gewees het , maar ons het vergeet om aandag daaraan te gee totdat ons reeds ver van Hom verwyder was.  Alles begin heel eenvoudig wanneer ons klein treetjies van onsensitiwiteit en ongehoorsaamheid te gee,wat lei tot ‘n hart wat weg en afdwaal. Skielik wanneer die Heilige Gees ons oortuig, kom ons agter dat ons afgedwaal het en ver van Hom af is.

Randy Alcorn vertel in sy boek, The Purity Principle van ‘n getroude man wat kwaad vir God is nadat Hy met ‘n getroude vrou egbreek gepleeg het.  Hy het gebid en vir God gevra dat die Here hom sal bewaar van seksuele onreinheid en sonde.   Die man en vrou het aangetrokke gevoel tot mekaar.  Alhoewel hulle gebid het en gevra het dat die Here hulle sal bewaar het hulle egter voortgegaan om mekaar elke dag te ontmoet vir middagete.  Hy het dus nie oornag besluit om egbreek te pleeg nie, maar het toegelaat dat sy hart oor ‘n periode van tyd wegdryf van dit wat hy geweet het is verkeerd.  Egbreek was bloot die gevolg daarvan.

Jesus kyk saam met my TV

Die meeste van ons sal nie na enigiets op televisie of in filmteaters kyk waarin daar naaktheid, seks tonele, geweld of growwe vloektaal voorkom, as die Here Jesus langs ons sit en saam met ons daarna kyk nie of selfs die grootste Godsman wat ons respekteer nie. Ons sal te skaam wees, skuldig voel en self die kanaal verander.  En tog doen ons dit.   Waarom?

Kan dit wees dat ons nie meer die Bybel lees, verstaan en gehoorsaam nie?  Ons lees dat die Here Jesus vir ons die Heilige Gees gestuur het , sodat Hy as die Trooster saam met ons en by ons kan wees (Johannes 14: 16-17).  Hy is deur Sy Gees in ons en by ons en kyk saam met ons televisie en na al die beelde en vloektaal wat daarin voorkom.  Ons besef dit ie eers nie.      Die Heilige Gees bring ons onder die oortuiging van sonde en gee ‘n onrustigheid in ons harte wanneer Hy ons vrede versteur. Hy praat dus met ons daaroor, maar ons is nie sensitief daarvoor of bewus dat God met ons praat nie.

Kan dit wees dat ons, ons vrees vir God verloor het en nie besef dat Hy ons lewe kan verander in ‘n oomblik nie?

Kan dit wees dat ons  ons eie definisie vir sonde geskryf het en daarom  nie omgee wat ons nie?

Kan dit wees dat ons alreeds so ver afgedwaal het dat ons nie meer agterkom dat ons so optree of dinge in ons lewens toelaat wat vir die wereld aanvaarbaar is, maar vir Hom seermaak en bedroef nie?

Ongehoorsaamheid aan God is die gevolg van wanneer ons harte begin wegdryf  en wegbeweeg van onse Here.    Die probleem is egter nie gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid nie.  Jesus sê dat as ons Hom liefhet, dan sal ons Sy gebooie bewaar.   Die probleem is dus ’n liefdesprobleem.  Ons hart is nie meer so lief vir Hom soos wat ons met ons monde bely nie.   Ons verkies om Hom doelbewus of selfs onbewustelik te ignoreer, terwyl jy dink “Dit is nog nie so sleg nie” of “ God gee tog nie om as ek dit doen nie.”  Ongehoorsaamheid is wanneer ons weet om goed te doen en ons doen dit nie (Jak. 4:17).

Op reis saam met Hom

Ons is almal op reis saam met God.  Die reis begin die oomblik wanneer ons vir ons geestelike vliegrit aan boord gestap het.  Ten einde om op die vliegtuig te kom, moet ons Jesus as ons Verlosser aanneem en gered word.  Aan die begin van ons Christelike reis is alles nuut en opwindend om Christus te ken.  Ons wil graag met ander deel en hul vertel wat dit Here vir ons gedoen het.   Ons kan nie genoeg tyd spandeer om God se Woord te leer, te bid en met mekaar te deel nie.  Ons begin almal ons reis met God met groot entoesiasme, met ‘n opgewonde afwagting.  Ons het onsself onderskik aan die hemelse vliegtuig se voorwaardes, reëls en regulasies en dit gehoorsaam.   Ons het dit gelees, bestudeer en gehoorsaam, maar soos die tyd verby toegelaat dat ons fokus wegdraai vanaf ons eindbestemming en harte gevul word met bekommernisse, probleme, angstigheid en selfs sonde.

Wanneer ons harte begin om van God af weg te beweeg, raak ons tevrede om met die ritueel van geestelike aktiwiteite na te kom, om slegs die regte geluide te maak sonder dat God werklik in ons lewens teenwoordig is.  Ons kan selfs so gemaklik en tevrede met ons godsdiens raak dat ons nie eers agterkom dat God nie teenwoordig of naby ons is nie.  Is dit moontlik om te bid, ‘n aanbiddingsdiens by te woon of ‘n offergawe te bring, maar nie ware intimiteit met God te ervaar nie?  Dit is sekerlik moontlik!  Ware Christenskap is ‘n intieme, groeiende verhouding met die Persoon van Jesus Christus, waar ons meer en meer na Sy beeld verander word, sodat Hy Sy lewe in en deur ons kan leef.

Dink net as al die Christene van Suid-Afrika hulle harte daarop rig om God te soek en te volg (2 Kron 11: 16), hulle harte skoon te maak (1 Sam 7: 3-4), aan Hom oor te gee (Josua 24;23) en te beskerm (Spreuke 4:23) en nie te verhard as Hy met osn praat nie (Hebreers 3: 8).   ‘n Hart wat verkleef is aan die Here Jesus en ‘n hart wat  sensitief is vir die Helige Gees in ons en by ons is die enigste oplossing om die golf van goddeloosheid te stop omdat God dan self ‘opstaan in ons en deur ons ’ teen die afval ons tyd.  Verkleef jou hart ana Hom.